Ek wil onthou
My gunsteling kleur is lila en my gunsteling liedjie is “Symphony”. Ek eet sandkoekies wanneer ek by die huis kom. By die skool ek altyd saam met my beste vriende: Amy, Tyla, Shikina, Jacky en Simone. My stokperdjie is om te lees en die sport wat ek na skool beoefen is netbal. Wanneer ek by die huis kom, kyk ek geen televisie nie, want ons het nie ń televisie by die huis nie. Ek lees altyd die Harry Potter boeke tydens die vakansies vir 20 minute op ń slag. Ek wil eendag ń mediese dokter, skrywer en pastoor, word. Ek respekteer altyd my ouers en luister na as hulle as hulle my bel.
My eerste doelwit is om een van die Bybelverse uit my kop uit in Engels en Korea te onthou. My ma het gesê as ek ń pastoor wil word as ek ouer is, moet ek die Bybelverse ken. Ek gaan dit elke dag leer en dit oor naweke uit my kop uit probeer sê. My tweede doel is om ń verhounding met my suster te hê. Ons baklei oor dinge wat nutteloos is en ek wil die verlede en die manier wat ons baklei het, verander. Ek gaan probeer om nie kwaad te wees vir haar nie. My derde doel is om ń boek vol verbeeldingryke dinge te skryf. Ek wil ń boek skryf omdat ander skrywers vir my geïnspireer het. Ek gaan dit oor naweke of wanneer ek tyd het probeer afhandel.
Comments
Post a Comment